|
|
Wolhaarstories
Tydsduur:
90 minute Leon Schuster - Hanna Botha - Ben Kruger - Koos Strauss Met grapjas Leon Schuster se uiters gewilde radioprogram, "Waar En Wolhaar", as vertrekpunt, begin die rolprent, WOLHAARSTORIES. Leon besluit om Suid-Afrika se bekendste telefoniese (Tant Lissie van NOMMER ASSEBLIEF) 'n streep te trek deur voor te gee dat hy 'n vryer is wat reageer op haar advertensie in die "Opsitkers" vir 'n geskikte mansvriend. Maar Lissie is nie meer op Overdorp nie. Haar suster is skielik onder verdagte omstandighede oorlede en die se man, saam met Lissie, erf die Royal Hotel op Helshoogte. Nie alleen probeer haar wewenaar-swaer van Lissie ontslae raak sodat hy en sy "Skelm" die lewe vorentoe kan geniet nie - haar lewe word ook verder versuur deur 'n reeks inwoners en gaste by die hotel wat selfs die hotelraad handdoek sal laat ingooi. Lissie dink dit is die vervlakste Fasie wat haar nogsteeds terroriseer wanneer Leon haar eindelik opspoor. Sy onskuldige telefoonoproepe laat hom kniediep beland in die gebeure op Helshoogte - met pogings tot moord; 'n ontsnapte uit 'n gestig wat soos 'n vrou vermom is; 'n ou Italiaanse dokter wat meer weet van spaghetti as spuitnaalde; 'n lyk waarvan niemand ontslae kan raak nie; en 'n bielie van die Bosveld wat sy boelie teëkom. |