|
|
Siener
in die Suburbs
Tydsduur:
83 minute Marius Weyers - Sandra Prinsloo - Don Lamprecht - Louis van Niekerk - Wilna Snyman Tjokkie, sy ma, en suster, Tiemie, woon saam in 'n armoedige huisie. Tjokkie is heldersiende en kry af en toe aanvalle waarin hy dan gesigte sien wat dit vir hom moontlik maak om die toekoms te voorspel. Ma se minnaar, 'n leegleêr met die naam van Giel, bly al by hulle sedert Ma 'n "oorlogsweduwee" geword het. Hy sien Tjokkie en Tiemie - veral as dit hom pas - as sy eie kinders, want "ek het hulle dan so voor my eie oë sien grootword." Die agressiewe Jakes, 'n man wat 'n reputasie in die "Suburbs" gebou het, is Tiemie se kêrel. Hy kuier ook knaend by die vervalle huisie en lig lekker die elmboog saam met die altyd gretige Giel. Tiemie ontdek dat sy "in die moeilikheid" is. Jakes is nie seker of hy die vader van die kind is nie. Giel beland in geldelike moeilikheid en sy enigste hoop is om ietsie op die perde te wen... en Ma wil heimlik ook weet of haar man regtig in die oorlog dood is en of hy dalk nog lewe. Die enigste manier hoe daar sekeheid kan kom is dat "Tjokkie MOET sien". Hy word feitlik daarin gedwing en 'n treurspel is onvermydelik. |