'n Pot vol Winter

Tydsduur:  88 minute
Formaat:  DVD
Afleweringstyd:  2-10 werksdae
Prys:  R89.00
Geen persone onder 13 jaar

Christel Smith - Francois Coertze - Jana Cilliers - Grethe Fox - Annie Malan - Paul C Venter

Die traumatiese ondervinding van 'n Standard 9 skolier, Elizabeth (Christel Smith) en die invloed van haar vader (Paul C Venter) en moeder (Grethe Fox) se egskeiding op haar op 'n tydstip van seksuele ontwaking in haar lewe.

Haar soeke na liefde lei, soos in duisende kinders se lewens, tot oorgawe aan Kurt (Francois Coertze) op die agtersitplek van sy kar.

Innerlike teleurstelling in hulle optrede, die vermoede dat sy verwagtend is en die afkoeling in Kurt se houding na die seksdaad, lei tot haar selfmoord poging.