|
|
Plekkie
in die Son Tydsduur:
89 minute Jana Cilliers - Regardt van den Bergh 'n Gevreesde siekte verwoes Karen Viljoen se lewe as gelukkig getroude rykmansvrou. Die ontdekking dat sy melaats is, is maar die begin van haar swaarkry. Vir die siek Karen word die stryd te veel toe haar man ontrou word en haar seuntjie van haar weggeneem word. Haar wreedste oomblik kom toe sy besef genesing van melaatsheid is maar 'n klein deeltjie van haar stryd... Terwyl Karen in die Westford-hospitaal met haar siekte worstel, begin dit sleg gaan met haar man, Otto. Die storie oor Karen se siekte lê die dorp vol en die mense begin Otto vermy. Hy soek vertroosting by sy sekretaresse. Sy en Otto raak verlief en Otto besluit om Karen om sy vryheid te vra. Die nuus bring Karen tot by die randjie van 'n senu-instorting. Haar geneesheer, dr. Tertius Louw, keer net betyds. Maar dr. Louw se liefde en toewyding bring net ellende. Sy kollega, dr. Sandra Hough, is verlief op hom en jaloers op Karen. Sy probeer op allerande maniere keer dat Tertius Karen gesond maak. Maande later word Karen ontslaan. Van melaatsheid is sy genees, maar van die verskriklike stigma kan sy nie wegkom nie. Die gemeenskap aanvaar haar nie. Sy word 'n verstoteling. Otto se moeder probeer haar seuntjie hou en Otto self is 'n afsydige vreemdeling. Sy besluit om na Westford terug te keer - na Tertius en haar Plekkie in die Son. |