Nommer Asseblief?

Tydsduur:  90 minute
Formaat:  DVD
Afleweringstyd:  2-10 werksdae
Prys:  R90.00
Alle Ouderdomme

Hannah Botha - Alex Heyns - Miems de Bruyn - Benn Potgieter - Francis Coertze - Johan vd Merwe - Woutrine Theron - Zoli Marki

Hier is die rolprent van die gewilde TV-reeks.  Met skinderbek Lizzie (Hannah Bothe); dowe kwartel "Hoe sê?" oom Thysie (Benn Potgieter); oom Fasie (Alex Heyns); Ma Krieke (Miems de Bruyn); tant Rapie (Francis Coertze); Jan en Grieta (Johan van der Merwe en Woutrine Theron) en 'n mooilyfmeisie (Zoli Marki) wat almal se sake omkrap. 

Wanneer die ou spulletjie nog boonop betrokke raak by een van die tuislande se dobbelpaleise, spat die vonke in alle rigtings.  Dis saamlag met Suid-Afrika se gewilde TV-gesin in hul heel eerste vollengte rolprent.