|
|
Liefde
vir Lelik Tydsduur:
91 minute Cobus Rossouw - Johan du Plooy - Harry Mekele - Pieter & Sheba as Buks & Lelik Buks, 'n plaasseun verloor sy ouers in 'n motorongeluk en moet by sy peetouers, Hannes en Susan, in Durban gaan bly. (Hannes is 'n gewese medikus wat van die rol geskraap is na 'n dronkoperasie). In hul minder gegoede buurt voel Buks & Lelik baie ontuis veral omdat Hannes hulle as oorlas beskou. As Hannes dreig om Lelik dood te skiet - nadat van sy duiwe doodgebyt is, besluit Buks om met Lelik te vlug na die enigste plek waar hy liefde ken - op die plaas by ou Willem en Siena. Hy word gehelp deur 'n boemelaar en bereik na vele omswerwinge en ontberings sy geliefde plaas. Met die polisie opsoek na hom is dit nie lank voordat Hannes op die plaas opdaag om Buks terug te vat nie. Maar dan loop hy hom vas in ou Willem en sy vasberadenheid om Buks op die plaas te hou. Buks hoor die stryery tussen Hannes, ou Willem en die Sersant maar vertolk dit verkeerd en vlug 'n tweede keer, maar hierdie keer blindelings na nêrens. Hierdie keer is daar nie 'n plaas of 'n ou Willem wat op hom wag nie, net die waterval.... |