Lelik is my Offer

Tydsduur:  96 minute
Formaat:  DVD
Afleweringstyd:  2-10 werksdae
Prys:  R90.00
Alle Ouderdomme

Cobus Rossouw, Anele Jonker, Johan du Plooy, Essie Esterhuizen, June Neethling, David Meintjies, Josh du Toit, Harry Mekele, Johan Bujs, Ina Rowles, Leon Mellet en Blanche Lloyd.  Pieter en Sheba as Buks en Lelik.

Hannes Lombard is 'n mediese doktor wat weens drankmisbruik van die rol geskraap word.

Hy neem sy toevlug na 'n plaas in Noord-Natal waar sy boerdery nie juis vlot nie.

Buks, sy peetkind, word gestuur om by hom te gaan bly en ruil doodgelukkig stadslewe vir 'n sorgvrye plaasbestaan en nuwe maats in 'n nuwe skool.  Sproetie, die bure se dogtertjie, word gou groot maats en hulle sorglose bestaan word selfs meer idillies wanneer Hannes hulle elkeen 'n perd present gee.

Maar die slang sluip die paradys binne, Lelik, Buks se hond, laat Sproetie se perd skrik en die gooi haar af.  Die val verlam Sproeite se onderlyf en verwyt begin Buks verteer.

Maar dit is ou Willem, die plaasjong wat met sy eenvoudige wysheid die lewe vir almal weer leefbaar maak.