Bosveldhotel - Die Moewie

Tydsduur:  92 minute
Formaat:  DVD
Afleweringstyd:  2-10 werksdae
Prys:  R69.00
Alle ouderdomme

Danie Smuts, Margaret Webb, Zack du Plessis, Hennie Oosthuizen, Christine Basson, At Botha, Marie Pentz, Tromp Terre Blanche, Jan Bruyns

Hans van Rensburg en Gert Kruger verklaar oorlog teen Trans-Afrika Mynontwikkelings omdat hulle die mooi bosveld in 'n mynhoop wil verander.

Die bestuurder van die myn, Hannetjie Kruger (Gert se vorige vrou), probeer "'n hond uit 'n bos uit" om oom Hans en Gert tot ander insigte te dwing maar, "nie so dat jy dit sal agterkom nie."

Martiens le Roux se konkelry en die myn-voorman se arrogansie dra verder daartoe by dat die "Bosveld-kruitvat" uiteindelik ontplof.

'n Heerlike lekkerlag gesinsfliek, skouspelagtig en aksie-belaai.