|
|
Die
Lief en Leed van Anastasia
Tydsduur:
50 minute Gedurende die Russiese rewolusie word die Tsaar en sy gesin uitgemoor. Slegs een van sy dogtertjies, Anastasia ontkom en vlug voor die massas. Sy bly by 'n boer op sy plaas maar die boer se wrede vrou mishandel en misbruik haar en haar enigste plesier is die diere wat altyd vriendelik en dieselfde bly. Die pragtige verhaal gebaseer op geskiedkundige agtergrond van die Russiese rewolusie met die stemme van Marina Coetzee as Anastasia en Berry Kruger, Leona Grobbelaar, Schalk Jacobsz, Anrich Herbst, Anton Dekker en Leon van Nierop. |