|
|
Agter
elke Man Tydsduur:
102 minute Steve Hofmeyer, Dulsie van den Bergh, Illse Roos, Annelize van der Ryst, Tertius Meintjies Bruce Beyers word op parool vrygelaat na hy twee jaar gevangenisstraf uitgedien het. Verbitterd oor die vermorsing van sy lewe het hy 'n obsessie om hom te wreek op Steve Anderson, die man verantwoordelik vir sy straf. Sy vrylating is onderworpe aan toesig en verslaggewing deur die aangewese maatskaplike werker, Elna le Roux, wat glo dat sy Bruce kan rehabiliteer. Elna raak egter emosioneel betrokke en 'n moord uit 'n onvoorspelbare oord ontspoor hulle lewens... |