AGTERGROND

Gedurende 1969 begin Flip Bezuidenhout met die produksie van sy eerste rolprent en verwesenlik 'n kinderdroom.

Van sy bekendste Afrikaanse produksies is LIEFDE VIR LELIK, LELIK IS MY OFFER, en PLEKKIE IN DIE SON.

Met die koms van TV na Suid-Afrika en die insinking van rolprent produksies stig hy sy eie videoverspreidingsnetwerk en betree hierdie mark op 1 Julie 1985.

Gedurende 1995 begin hy met die oorklanking van kinderprente in Afrikaans en sien Rooikappie, Peter Pan in Kammaland, Sneeuwitjie, Pinocchio en andere die lig.

 

Terug na Flip Bezuidenhout Produksies